Oceana skors besturende direkteur van Erongo Marine EnterprisesFebruary 14, 2024

Die skorsing van Dr. Martha Uumati, die besturende direkteur van Erongo Marine Enterprises, het wenkbroue in die visserye-sektor laat lig. Uumati is deur die Oceana-groep van maatskappye geskors. Erongo Marine Enterprises is ‘n filiaal van Oceana. Die skakelkonsultant van Oceana, Francois van Der Merwe, het die skorsing aan die nasionale uitsaaier bevestig en in ‘n verklaring gesê die optrede is ‘n voorkomende maatreël vir ‘n ondersoek om ongestoord voort te gaan. Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie.