Ratcliffe een tree nader aan Man U-aankoopFebruary 14, 2024
Die Engelse Premierliga het die Britse miljardêr, Jim Ratcliffe, se aanbod om ʼn 25-persent aandeel in Manchester United te koop, goedgekeur. Die 71-jarige Ratcliffe, eienaar van die multinasionale INEOS-maatskappy wat chemikalieë vervaardig, het in Desember ingestem om ʼn aandeel in die klub te koop. Die ooreenkoms van sowat 24,8 miljard Namibiese dollar moet nog deur die Sokkervereniging goedgekeur word. Die Glazer-familie behou ʼn meerderheidsaandeel in die klub. Ratcliffe en INEOS sal in beheer wees van die mans- en vrouespanne, asook die sokkerakademies.