Richelieu Eagles speel eerste wedstryd in NepalFebruary 14, 2024
Namibië se Richelieu Eagles speel om half-vyf môre-oggend Namibiese tyd teen Nepal in hul eerste eendag-wedstryd van die IRK mans-krieketwêreldbeker Liga 2, wat in Katmandu aangebied word. Die Eagles sal vier eendag-wedstryde en vier T20 wedstryde teen Nederland en Nepal speel. Die drie lande gaan deelneem aan die komende IRK Mans T20 Wêreldbeker, in die VSA en die Wes-Indiese Eilande gespeel sal word. Die Eagles se volgende wedstryd is teen Nederland op 19 Februarie.