SA terug in Den Haag, die keer oor RafahFebruary 14, 2024

Suid-Afrika sê Israel se aanslag op Rafah kom neer op ‘n ernstige en onherstelbare oortreding van die Volksmoord-konvensie. Die regering het ‘n dringende aansoek by die Internasionale Geregshof ingedien om voorlopige maatreëls in te stel om te voorkom dat Palestyne se regte geskend word. Kommer is aan die toeneem oor Israel se militêre optrede in die laaste toevlugsoord vir Gaza se oorblywende bevolking. Vincent Magwenya van die Presidensie vra blitsige optrede om verdere skade te beperk te midde van die stygende dodetal in die Gaza: