Taylor het dalk gehelp vir Super Bowl-kykertalFebruary 14, 2024

Die kykertal van meer as 123-miljoen mense vir Sondag se Super Bowl op televisie, was die grootste in die Verenigde State sedert die maanlanding. ’n Geskatte 125- tot 150-miljoen mense het in Julie 1969 toegekyk hoe Neil Armstrong die eerste persoon word wat ’n voet op die maan sit. Die vermoede bestaan dat die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Taylor Swift se bywoning, om haar kêrel Travis Kelce vir die kampioene Kansas City Chiefs te sien speel, die syfers moontlik ‘n hupstoot gegee het. Verlede jaar het 115,1-miljoen mense na die Super Bowl gekyk.