Valentynsdag kos geld, kyk net die invoereFebruary 14, 2024
Oudergewoonte het die Namibiese Statistieke-agentskap sy syfers vir die invoer van rose en sjokolade op Valentynsdag bekend gemaak. Verlede jaar is 12 miljoen Namibiese dollar se sjokolade in Februarie ingevoer teenoor rondom 8 miljoen dollar in 2022. In terme van rose, is amper 671 000 dollar se rose verlede jaar gedurende die maand ingevoer, baie meer as die amper 407 000 dollar se invoere in 2022.