Bibi sê hulle sal opruk na RafahFebruary 15, 2024

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, hou vol sy soldate sal opruk na Rafah in Gaza ten spyte van oproepe om die besluit te heroorweeg. Die Franse president Emmanuel Macron is die jongste leier wat Netanyahu waarsku oor die lewensverlies in so ʼn operasie. Spanje en die Republiek van Ierland het die Europese Unie gevra om dringend vas te stel of Israel sy menseregte-verpligtinge in Gaza nakom. Meer as 28 500 mense, hoofsaaklik vroue en kinders, is in Gaza dood sedert die Hamas-aanval op Israel op 7 Oktober verlede jaar.