Gbs-raadslid verkrag glo skoolseun, 19February 15, 2024

’n Gobabis-raadslid sal vandag in die hof op die dorp verskyn op aanklagte van verkragting. Die raadslid het glo ’n 19-jarige skoolseun, wat dokumente by die goewerneur se kantoor gaan afhaal het, na die badkamer geneem. Daar word beweer hy het hom daar gemolesteer en toe verkrag. Die polisie se ondersoek duur voort.