Putin verkies Biden bo TrumpFebruary 15, 2024
Rusland se president, Vladimir Putin, glo dit sal beter wees vir Rusland indien Joe Biden president word eerder as Donald Trump. Putin het tydens ‘n regstreekse televisie-onderhoud met die pro-Kremlin-joernalis, Pavel Zarubin, gesê Biden sal beter wees vir Rusland omdat hy meer ervare en voorspelbaar, en uit die ou bedeling is. Hy het egter gesê Rusland sal met enige eerbare leier van die Amerikaners saamwerk. Putin sê hy is spyt hy het nie vroeër teen Oekraïne opgetree nie omdat die Weste vir Rusland gejok het oor Navo wat nie ooswaarts wil uitbrei nie.