Tender-stelsel is in ‘n gemors met herhaalde hofsakeFebruary 15, 2024

Die dringende aansoek wat Shapwa Kanyama teen die Sentrale Verkrygingsraad gebring het, het sommige mense warm onder die kraag. Hierdie keer is hy ontevrede oor ‘n tender vir anti-retrovirale medikasie, en poog om met ‘n hof-interdik te keer dat dit toegewys word. Kanyama is bekend vir die omstrede kondoomtender verlede jaar, waar Kosmos 94.1 Nuus ook bewys het hy voer kondome in en vervaardig dit nie. Reaksie is ontvang van PDM skadu-finansminister, Nico Smit, oor sogenaamde “tender-preneurs” wat die verkrygingsraad hof toe neem wanneer tenders nie na hulle wense toegeken word nie. Smit sê dit gebeur heeltyd met byna alle groot tenders, en dis ook altyd dieselfde mense.