Versigtig… SA se dokters het ander opsiesFebruary 15, 2024

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het kommer uitgespreek oor dokters wie se salarisse steeds gelyk aan dié van 2015 is. Die voorsitter, Mvuyisi Mzukwa, het die Departement van Gesondheid gewaarsku hy gaan goeie dokters verloor omdat hulle te min betaal word. Hy sê Suid-Afrikaanse dokters is hoogs opgelei en gesog in ander lande. Mzukwa het gepraat in aanloop tot die vereniging se drie-dae-konferensie wat vandag in Sandton, Johannesburg, begin. Die konferensie sal fokus op kwessies soos werklose dokters, die dekriminalisering van gesondheidsorg en die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering.