Skape word wild en wakker geslagFebruary 19, 2024
Veediefstal, veral op klein skaal uit boere se krale en weikampe, kry net nie end nie. Op die plaas Spes Bona in die Stampriet-distrik het ‘n man Saterdagaand die kraal beinnegaan en ‘n dorperskaap ter waarde van 1 500 Namibiese dollar geslag. Hy is in hegtenis geneem en die karkas is teruggevind. Ook Saterdagaand, in die Kamanjab-distrik op die plaas Bruno, is ‘n werknemer op heterdaad in die veld deur die skaapwagter betrap waar hy besig was om ‘n ooi van sowat 1 000 Nambiese dollar te slag. Hy is ook gearresteer en sal in die Kamanjab-landdroshof verskyn.