Daar’s geen gratis aanlynkursusse, rekenaars van Unam nieFebruary 23, 2024
‘n Onlangse geborgde sosiale media-plasing deur ‘n sogenaamde “Online course gan” beweer dat dit gratis kursusse van die Universiteit van Namibië aanbied. Die plasing beweer verder dat studente onder meer gratis skootrekenaars sal ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-woordvoerder, Simon Namesho, oor die aangeleentheid gepraat. Hy waarsku studente teen vals sosiale media rekeninge en bedrieglike aanlyn plasings en beweringe.