Beroep op Goeie SamaritaneFebruary 29, 2024
Die Havana-gebaseerde sopkombuis genaamd Ebenezer gee honderde minder-bevoorregte kinders kos en skenk ook sanitêre doekies aan diegene wat dit nie kan bekostig nie. Die stigter van die liefdadigheidsorganisasie, Martha Festus, het tydens ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus ‘n beroep op barmhartige Samaritane of maatskappye gedoen om die organisasie by te staan. Kos-skenkings is van die uiterste belang, maar ook fondse wat hulle in die organisasie kan belê om ononderbroke hul werk voort te sit.