Duisende dossiere vergader stof March 4, 2024

Die minister van die polisie, Albert Kawana, sê ‘n tekort aan mannekrag en ander hulpbronne belemmer die polisie se werk. Daar is volgens hom 4 377 sake wat steeds ondersoek word deur die mag waarvan Khomas eerste lê op 2 736. Tweede geplaas is Oshana met 319 en Otjozondjupa lê derde met 221. Kawana het ook die feit dat deurwinterde, ervare polisielede die mag verlaat vir die privaatsektor, betreur.