Ja, dr. Uumati het nie bedank nie: Oceana GroupApril 16, 2024

Die Oceana Group het bevestig dat die voormalige besturende direkteur van Erongo Marine Enterprises, dr. Martha Uumati, nie uit haar pos bedank het nie. Sy het in terme van ‘n wedersydse ooreenkoms weë geskei met die maatskappy. Oceana Group het ‘n vorige verklaring, wat verkeerdelik aangedui het dat Uumati bedank het, teruggetrek. Hulle vra ook verskoning vir enige verwarring wat moontlik veroorsaak kon word.