Werkloosheid in SA kort ernstige ingrypingMay 15, 2024
Die African Transformation Movement sê omvattende en strategiese ingryping is nodig om die ekonomie weer lewe te gee en volhoubare indiensneming te verseker. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het in die eerste kwartaal vanjaar tot 32,9-persent gestyg teenoor 32,1-persent die vorige kwartaal. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die regering kan werksgeleenthede skep deur voorkeur te gee aan beleggings in plaaslike vervaardiging: