Twee vas na bomdreigement op vlugJune 7, 2024
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê bedrywighede by die Kaapstadse Internasionale Lughawe is terug na normaal na gisteraand se bomdreigement. Die polisie se bomeenheid is ontplooi kort nadat die bemanning van ‘n FlySafair-vlug wat na OR Tambo Internasionale Lughawe sou vertrek, in kennis gestel is van ‘n moontlike veiligheidsgevaar op die vliegtuig. Passasiers en die bemanning is ontruim en die vliegtuig is deursoek. ʼn Woordvoerder van die maatskappy, Ntokozo Mazibuko, sê twee mense is in hegtenis geneem: