Dienda nie te vinde vir Fima-aanpassings nieJune 14, 2024

Die omstrede Wet op Finansiële Instellings en Markte, Fima, het in die parlement ter sprake gekom. Natangue Ithete van Swapo het aanbeveel dat verskeie regulasies uit die wet verwyder moet word. As dit in hul huidige vorm geïmplementeer word, sal die regulasies lede van pensioenfondse toelaat om slegs 25 persent van hul pensioene voor die ouderdom van 55 te onttrek wanneer hulle bedank. Fima was veronderstel om op 1 Oktober verlede jaar in werking te tree, maar weens die publieke oproer het Namfisa aangekondig dat die wet se toepassing uitgestel sal word. Elma Dienda, die PDM se hoofsweep, het haar ontevredenheid oor die nuwe aanbevelings uitgespreek…