Kieserregistrasie vorder baie goedJune 14, 2024

Die Namibiese Verkiesingskommissie së dat in die eerste week van kieserregistrasie ‘n totaal van 187 171 Namibiërs geregistreer is met die hoogste getal in die Khomas-streek op net meer as 40 000. Die kommissie sê die syfer verteenwoordig ongeveer 31 195 registrasies daagliks oor die ses dae van 3 tot 8 Junie. Die registrasie van kiesers duur tot 1 Augustus regoor die land van Maandag tot Saterdag, agt-uur tot sewe-uur saans.