Gemeenskapspolisiëring kry hupstootJune 23, 2024
Misdaad bly ‘n probleem regoor die land en die polisie kan nie oral wees nie. Dit is waarom gemeenskapspolisiëring so belangrik is, sê Otjiwarongo-raadslid Marlene Mbakera. Sy het gepraat by die oorhandiging van identifikasiemateriaal en ander hulpmiddels aan die Otjiwarongo Gemeenskap Teen Misdaad-forum. Die forum bestaan uit meer as 70 vrywilligers van ‘n informele nedersetting wat besondere sukses behaal om misdaad te bekamp. Mbakera het ‘n paar belangrike kwessies uitgelig wat aandag moet kry.