Klopjag buit R15,5-miljoen se vervalste goedereJune 23, 2024

Die polisie in Gauteng het in Johannesburg se stadskern afgekom op meer as 18-duisend vervalste goedere ter waarde van 15,5-miljoen Suid-Afrikaanse rand. Die nasionale teenvervalsings-eenheid en hulle vennote het toegeslaan op ‘n winkelsentrum in Rahima Moosa- en Von Wielligh-straat. Die polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê daar was versteekte skoene, sportdrag, handsakke, pette en parfuum. Die afgelope drie weke is daar beslaggelê op vervalste goedere ter waarde van byna 28-miljoen rand.