Tradisionele leiers ‘moet Omgewingsbestuur-wet volg’June 23, 2024

Omgewingsminister Pohamba Shifeta doen ‘n beroep op tradisionele leiers om bedag te wees op die Wet op Omgewingsbestuur wanneer grond toegewys word. Shifeta sê sommige tradisionele leiers verkoop of ken grond toe in beskermde gebiede. Mense word toegelaat om aktiwiteite uit te voer sonder ‘n klaringsertifikaat, wat vereis word deur die Wet op Omgewingsbestuur. Hy het gepraat by die amptelike aanstelling van omgewingsbeamptes in Windhoek en spesikiek verwys na onwettige sandmyn-bedrywe.