WGO help gesondheidministerie met gedragsinsig-werkwinkelJune 23, 2024
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het ‘n driedaagse werkswinkel oor gedragsinsig aangebied vir die gesondheidministerie en onderwyspersoneel van Unam se Fakulteit Gesondheidswetenskappe en Veeartsenykunde. Dit was om die toepassing van gedragsinsig in gesondheidsbeleide, dienste en kommunikasie te verbeter. Gedrag is ‘n noodsaaklike deel van gesondheid en welstand. Dit sluit onder meer in die drink van alkohol, rook, lae inentingsopname, en lae nakoming van behandelingsplanne. Gedragsinsig fasiliteer die veranderinge wat nodig is om die negatiewe impakte te ontwrig en positiewe gedrag met beter gesondheidsuitkomste te bevorder.