Junior Bokke reg vir Wêreldkampioenskap-wedstryd teen FidjiJune 26, 2024
Rugby: Die Junior Bokke is besig om hul voorbereidings vir Saterdag se Onder-20-wêreldkampioenskap-aanvangswedstryd teen Fidji in die Kaapstad-stadion te verfyn. Die span het vanaf hul tuisbasis in Stellenbosch na hul amptelike toernooibasis in die Moederstad verskuif. Die hulpafrigter, Lumumba Currie, sê die Fidjiaanse span sal bestaan uit spelers wat aan die Stille Oseaan- en Nieu-Seeland-kompetisies deelgeneem het, wat beteken hulle is geharde spelers.