Verstappen trek eerste weg vandagJune 30, 2024
Max Verstappen het sy 40ste Formule-Een voorste wegspringplek vir sy Red Bull-span ingepalm deur Lando Norris van McLaren in die kwalifiserende ronde vir vandag se Oostenrykse Grand Prix te klop. Verstappen se tyd was vier-tiendes van ‘n sekonde vinniger as Norris op die kortste baan op die kalender in terme van rondetye. George Russell van Mercedes het derde gekwalifiseer, na nog ‘n McLaren-bestuurder, Oscar Piastri, gestraf is vir die oorskryding van die baanperke. Carlos Sainz van Ferrari spring vierde weg, voor Lewis Hamilton van Mercedes.