Jy kan ‘n ‘visplaas’ in jou agterplaas hêJuly 14, 2024

Die visserye-ministerie het dit duidelik gemaak dat geen permit nodig is om kleinskaalse visdamme vir persoonlike verbruik te vestig nie. Dit het ten doel om selfvoorsiening in voedselproduksie onder plaaslike gemeenskappe aan te moedig. Uuaripi Katjiuka, die ministerie se woordvoerder, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die vereistes vir visboerdery in agterplase.

Dit is veral belangrik in die tyd wanneer erge voedseltekorte oral voorkom en wanvoeding veral onder kinders, toeneem.