‘Wonderwerk-seuntjie’ na 2 dae op hoofweg gevindJuly 14, 2024

‘n Vreemde voorval het hom uitgespeel in Louisiana in die VSA met ‘n een-jarige seuntjie wat na twee dae gevind is waar hy op die hoofweg kruip. ‘n Vragmotorbestuurder het op die kind afgekom. Dit kom terwyl owerhede na hom gesoek het na sy boetie, vier-jaar oud, in ‘n dam gevind is, vermoedelik deur sy 25-jarige ma verdrink. Die ma, Aliyah Jack, is in hegtenis geneem. Die een-jarige is in goeie gesondheid behalwe vir ‘n paar gogga-byte op sy lyf. Die rede vir die wonderwerk… dit was tydens orkaan Beryl met sterk winde en swaar reën.