Alcaraz vat tweede Wimbledon by Djokovic wegJuly 15, 2024
Carlos Alcaraz van Spanje het sy Wimbledon-titel suksesvol verdedig en sy vierde Grand Slam-titel verower. Die 21-jarige Alcaraz het die sewemalige kampioen Novak Djokovic van Serwië met 6-2, 6-2, 7-6 verslaan. Hy sluit by ʼn groep van net ses spelers aan wat in dieselfde jaar op Roland Garros én Wimbledon kon wen. Die 24-malige Major-wenner Djokovic wou die enigste rekordhouer wees van die meeste Grand Slam-enkelspeltitels. Alcaraz sê dit was ʼn droom om weer op Wimbledon te wen: