Ekonomie krimp in ’24August 9, 2024

Die Bank van Namibië se ekonomiese vooruitsig vir Augustus voorspel dat Namibië se ekonomie vanjaar met 3,1 persent sal groei, af van 4,2 persent in 2023, en met 3,9 persent sal groei in 2025. Wêreldwyd word verwag dat ekonomiese groei tot 3,2 persent sal verlangsaam vanjaar, voordat dit tot 3,3 persent in 2025 sal styg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Josefina Oskar, kommunikasiepraktisyn by die Bank van Namibië, wat Namibië se situasie verduidelik.