Groenskemas steeds onder jurisdiksie van tradisionele owerhedeAugust 9, 2024
Die staande komitee op natuurlike hulpbronne het vanoggend sy verslag rakende groenskemas in die Zambezi- en twee Kavango-streke in die nasionale vergadering voorgelê. Dit kom na ‘n oorsigbesoek twee jaar gelede. Daar is bevind dat die grond van die skemas steeds onder die beheer van die tradisionele owerhede is en nie in privaatbesit nie. Daar is ook waterskaarstes wat ervaar word. Die komitee se voorsitter Tjekero Tweya.