Twee belangrike uitsprake vandag in hoërhof verwagAugust 9, 2024
Twee belangrike uitsprake word vandag in die hoërhof verwag. Die eerste is die aansoek deur Fishrot-beskuldigde James Hatuikulipi om 5,75 miljoen Namibiese dollar uit sy bank- en beleggingsrekeninge vry te stel. Die bates is bevries en hy sê hy het die geld nodig om vir sy verdediging in die Fishrot-saak te betaal. Die tweede een is in die saak waar die Britse sakeman en moord beskuldigde, Harvey Boulter, poog om die beslissing van die aanklaer-generaal Martha Imalwa vir sy vervolging te hersien. Boulter word van die moord beskuldig op sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk ná ‘n noodlottige skietvoorval op sy plaas in Februarie 2021 in die Kamanjab-distrik. Die uitspraak is al twee keer uitgestel.