Veteraan-uitsaaier Deon van Rensburg sterf op 56August 9, 2024
Die veteraan-uitsaaier Deon van Rensburg is vanoggend oorlede. Future Media, vir wie hy by Nova uitgesaai het, het die nuus bevestig maar, het nie die oorsaak van sy afsterwe bekend gemaak nie. Die 56-jarige Van Rensburg was vir langer as 25 jaar betrokke by talle radiostasies in Namibië en was ook werksaam by Kosmos 94.1. Hy was die Sunrise-aanbieder op Nova, een van Future Media se radiostasies. Kolie van Coller, stigter van Kosmos 94.1 het hulde aan Van Rensburg gebring.