Werkloosheid in SA moet aangepspreek wordAugust 14, 2024

Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika se jongste werksyfers beklemtoon die behoefte aan dringende optrede om werkskepping te bevorder. Die stigting het na afloop van Statistieke Suid-Afrika se jongste kwartaallikse Arbeidsmag-opname die regering van nasionale eenheid gevra om regulasies te laat vaar wat werkskepping benadeel. Beleidsbeampte Zakhele Mthembu is ten gunste van die Werksoeker-uitsluitingsertifikaat om werkloses te help en ‘n dinamiese werksomgewing te skep: