Meatco reik tender uit vir boorgate by Windhoek-abattoirAugust 18, 2024
Meatco het ‘n tender uitgereik vir die lokalisering, kartering en boor van drie boorgate by sy Windhoek-abattoir. Die Tender Bulletin berig dit dit laat rooi ligte flikker oor sy potensiële toegang tot die stad se vinnig-dalende ondergrondse waterbronne. Die tender is op 7 Augustus op die semi-staatsinstelling se webwerf uitgereik en sluit Dinsdag. Die Tender Bulletin is nie bewus van ‘n omgewingsimpakstudie vir so ‘n projek nie. Die Windhoekse stadsraad se departement van infrastruktuur, water en tegniese dienste het duidelike riglyne vir aansoeke om ‘n grondwaterbron te benut en vereis dat ‘n aansoekvorm ingedien word.