VSA rentekoersverlaging op die horisonAugust 24, 2024

Die voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Jerome Powell, sê dit het tyd geword vir ‘n verlaging in sy sleutel rentekoers, met kenners wat sê leningskoste kan so vroeg as volgende maand daal. Powell het gister die Kansas City Federale Reserweraad se jaarlikse konferensie in Jackson Hole, Wyoming, toegespreek en sy voornemens duidelik gemaak om verdere afkoeling in die arbeidsmark te voorkom. Hy sê die tydsberekening en die tempo waarteen koersverlagings ingestel sal word, sal afhang van die data wat inkom, die vooruitsigte, en die risiko-balans.