Alcaraz uitgeskakel by Amerikaanse OpeAugust 30, 2024

Die Nederlander Botic van de Zandschulp het die Roland Garros- en Wimbledon-kampioen, Carlos Alcaraz in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope uitgeskakel. Die wêreld se nommer 74 het die wêreld se nommer drie met 6-1, 7-5, 6-4 geklop en die Spanjaard se droom op ‘n derde agtereenvolgende titel aan skerwe laat spat. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië het sy 50ste seisoensoorwinning behaal deur die Amerikaner, Alex Michelsen met 6-4, 6-0, 6-2 te klop om na die derde ronde deur te dring. In die vroueafdeling het die eerste gekeurde Iga Swiatek van Pole die Japanner Ena Shibahara met 6-0, 6-1 verslaan.