Duitsland stuur Afghaanse misdadigers huis toeAugust 30, 2024

Duitsland sê hy het Afghaanse misdadigers gedeporteer na hulle tuisland vir die eerste keer sedert die Taliban-owerhede die mag in 2021 oorgeneem het, met Berlyn wat onder druk is om strenger op te tree met migrasie. Die 28 Afghaanse burgers is almal skuldig bevind aan ernstige misdade en het nie die reg gehad om in Duitsland te bly nie. ‘n Huurvlug na Kaboel het vanaf Leipzig opgestyg. Dit is op die vooraand van fyn-dopgehoude streeksverkiesings Sondag in twee state in die ooste van Duitsland, waar ‘n verregse, teen-immigrasieparty na verwagting groot winste sal aangeteken.