‘Geestelik onstabiele’ man vermoor glo 4-jarige sussieAugust 30, 2024
NamPol sê ‘n vier-jarige dogtertjie, Emilia Frans, is deur haar 21-jarige broer in die dorpie Okeeke in die Oshikoto-streek vermoor. Sy was by die huis saam met haar ouer broer, wat geestelik onstabiel is, saam met vyf ander seuns van tussen 2 en 10 jaar oud, terwyl hul ouers weg was. Toe haar ouma terugkeer het sy na haar begin soek. Die Oshikoto-polisie se streekbevelvoerder, kommissaris Theopolina Kalompo-Nashikaku, sê Frans se liggaam is langs die huis se hoofingang gevind met ‘n steekwond in die rug en nog een in die bors. Die verdagte se voetspore was op die toneel maar hy het weggehardloop en is nog nie gevind nie.