Israelse weermag-operasies in Gaza laat vernietiging agterAugust 30, 2024
Die Israelse weermag sê hulle het ‘n maand-lange operasie in die suide en sentrale dele van Gaza afgehandel en meer as 250 Palestynse vegters is gedood. ‘n Weermag-woordvoerder het aan AFP bevestig dat geen ander operasies op die oomblik in daardie twee gebiede uitgevoer word nie. Inwoners van Khan Younis sê hulle het teruggekeer na wydverspreide vernietiging in die grootste stad in die suidelike Gaza-strook. Palestyne wat vroeër in die week teruggekeer het na dele van Deir el-Balah sê hulle het soortgelyke verwoesting aangetref.