Jolie speel legendariese sopraan Maria CallasAugust 30, 2024

Maria Callas, die legendariese sopraan, se arias sal seker herlewing ervaar kry met die première van die rolprent oor haar lewe, Maria, in Venesië. Die hoofrol word deur Angelina Jolie vertolk en sy moes leer hoe om opera te sing om voor te berei vir die vertolking van Callas, onder regie van Pablo Larraín. Die rolprent vertel die storie van Callas, insluitend haar laaste dae in Parys toe sy verslaaf was aan anti-angsmiddels. Callas het die gebruik van die woord ‘primadonna’ veroorsaak. Sy was uiters temperamenteel en het altyd gesê sy hou nie daarvan as mense vir haar sê wat sy moet doen nie omdat sy haar werk ken.