Longsiekte-beperkings onmiddellik opgehefAugust 30, 2024

Die landbouministerie het alle beperkings wat ingestel is na ‘n uitbreking van longsiekte naby Opuwo met onmiddellike effek opgehef. Die Direktoraat Veeartsenydienste sê verskeie maatreëls is getref en onder andere is 1 238 beeste ingeënt. Al nege beeste van ‘n trop by Okapundja-dorpie wat positief getoets het is geslag en geen ander diere het positief getoets nie. Die direktoraat sê ander siektebeheer-aktiwiteite duur voort en boere word wetlik verplig om enige vermoedelike geval van longsiekte by die naaste staatsveeart aan te meld.