Mashatile beklemtoon landbou se belangAugust 30, 2024
Adjunkpresident Paul Mashatile sê daar is planne om regeringsprogramme te koördineer om grondhervorming en ondersteuning aan landbou te versnel. Hy het in Kaapstad met die minister van Landbou, John Steenhuisen, en minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Mzwanele Nyhontso, vergader. Landbou bly ʼn belangrike sektor van die ekonomie wat 40-persent van die bruto binnelandse produk bydra. Mashatile sê voedselsekerheid is belangrik.