Namcor, BW Energy se beurse nie net vir energie-sektor nieAugust 30, 2024

BW Kudu, in samewerking met die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, het sy beursprogram uitgebrei vir minderbevoorregte studente wat ondersteun word deur die Physically Active Youth-organisasie, oftewel Pay, in Katutura, Windhoek. Nadat beurse in 2023 aan twee suksesvolle studente toegeken is, sal die aantal ontvangers in 2024 tot vier verhoog word, en beurse word tot drie jaar verleng. Paulo Coelho, Namcor se woordvoerder, sê beurse is nie net vir studies in die energie-sektor nie.