Nog geen M-pokke in Namibië nieAugust 30, 2024

Dis amptelik: Namibië het nog geen M-pokke gevalle aangeteken nie. Tot op hede is 18 vermeende M-pokke-gevalle getoets, en al 18 was negatief. Die gesondheid-ministerie se uitvoerende direkteur, Ben Namgombe sê die uitslae van die laaste drie gevalle se toetse het pas ingekom en hulle was ook negatief.