Nog mans beskuldig hoofman van verkragtingAugust 30, 2024

Plaaslike media berig dat Abrosius Nghalipo, oud-soldaat en hoofman van die Oshali-Wes nedersetting in die Ohangwena-streek borg in die Oshakati-landdroshof geweier is. Nghalipo staan tereg op ‘n klagte van verkragting van ‘n 33-jarige man in sy nedersetting. Volgens wat berig word, het die hoofman die vermeende slagoffer by die plaaslike kroeg genader en gevra dat hy saam met hom gaan. As hoofman, het die slagoffer ingestem. Hy is na ‘n verlate gebied toe gery. Die slagoffer sê die hoofman het ‘n vuurwapen op hom gerig en hom verkrag. Daar word berig dat drie ander mans na vore gekom het en gesê het hulle is ook deur die hoofman seksueel aangerand.