Plaasbestuurder, Napha reageer op jagluiperd-jag plasing van BritAugust 30, 2024
In ‘n verklaring deur sy regslui Fisher, Quarmby and Pfeifer, sê die oud-bestuurder van Eden Game Reserve Jamy Traut dat die Instagram-plasing van ‘n Cameron Hopkins met twee dooie jagluiperdwelpies misleidend is. Hopkins sê hy het die diere hier geskiet. Die jag, wat deel sou gevorm het van ‘n roofdier-uitdunningsproses, was ten minste 20 jaar gelede en was nie in die Eden-wildplaas nie. Die plasing het wyd reaksie uitgelok en Hopkins se doelwit blyk om die invoerverbod op trofeë in die Verenigde Koninkryk aan te spreek. Die professionele jagtersvereniging Napha het ook ‘n verklaring uitgereik en Kosmos 94.1 Nuus het met sy president Axel Cramer gesels.