Suidelike groen waterstofprojek: Ekonoom stem saam met omgewingskennerAugust 30, 2024
Ekonoom Robin Shebourne het ‘n voorlegging gedoen oor die toestand van die Namibiese ekonomie, aangebied deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing. Terwyl hy talle aspekte aangeraak het, het hy ook gepraat oor die ligging van Namibië se groen waterstofprojek in die Tsau //Khaeb Nasionale Park. Hy sê die wa is voor die perde ingespan…
Die stigter en uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing dr. Chris Brown het in Junie sy kommer oor die kwessie so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.