Treine staan reg vir Ellispark-besoekersAugust 30, 2024
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika en die Gautrein-bestuursagentskap sê hulle is gereed om môre ondersteuners na Ellispark te vervoer vir die Rugbykampioenskap-toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Rugby-ondersteuners kan met die Gautrein na Parkstasie reis en dan deur Prasa se pas opgeknapte Parkstasie-sentrum stap om ʼn trein na die wedstryd te haal. Prasa se woordvoerder, Andiswa Makanda, sê hulle wil veilige vervoer vir ondersteuners verseker.