Boekwaarde van mikrolenings styg tot N$7,2 miljardAugust 31, 2024

Die boekwaarde van mikrolenings het in die eerste kwartaal tot 7,2 miljard Namibiese dollar toegeneem, vanaf 6,7 miljard dollar die vorige jaar. Dit verteenwoordig groei van 7,9 persent jaar-tot-jaar en 0,2 persent op ‘n kwartaallikse basis, volgens ‘n verslag deur die Namibiese Finansiële Oorsig-owerheid, Namfisa. Termynlenings maak 95 persent van die totaal uit en het 6,8 miljard dollar bereik. Dit is ‘n kwartaalikse daling van 0,7 persent en ‘n jaar-tot-jaar-styging van 7 persent. Die aantal betaaldag-lenings het met 5,7 persent gegroei, ver meer as die 2,8 persent styging in termynlenings.